Bethlehem Online Info is specially designed to drive the Eastern Free State Economy.


Bethlehem Online Info

Business Information in the Eastern Free State



Contact us at: support@bethlehemonlineinfo.co.za

 Bethlehem  Online Info - Let us take your Business where it belong...

See our specials
Valid only while stock last...Contact us at 058 303 1218
Welcome to Triprod Bethlehem. Contact us at 058 303 1218
About us!Contact us!



Bethlehem Pets Hyper.Dog food, cat food.


Triprod Bethlehem 058 303 1218


Triprod het ontstaan in 1994 in Bloemfontein as n besigheid wat veevoer verkoop. Met die tyd saam het ander produkte hul weg gevind om op Triprod se rakke te verskyn, wat insluit troeteldier kos en versorgingsprodukte. Dit het begin met hondekos vir boere wat veevoer kom koop. Later het ander goedere soos katkos, voëlkos, haas kos en selfs chinchilla kos bygekom. Ook items soos hals- en leibande, ontwurming middels, dierespeelgoed en – bedjies, dieregesondheidsprodukte en baie meer het in aanvrag gekom en so is dit ook tot die produkte reeks bygevoeg.


In 2014 is n kleiner winkel, Triprod Pets Hyper, in Bloemfontein ge-open wat spesifiek net fokus op troeteldier kos en ander troeteldier benodighede. Ons het besef daar is n behoefte aan goeie kwaliteit produk (veral hondekos) teen n billike prys.


‘n Algemene fout wat verbruikers maak is om kos te koop vanaf supermark rakke gebaseer op hoe die verpakking lyk. Dikwels is die kwaliteit van die kos self, glad nie in lyn met die indrukwekkende verpakking nie. Die verbruiker moet homself ingelig hou (soos met enige ander produkte), deur te kyk na die analise van die voedingswaarde wat altyd iewers op die sak verskyn. Die proteïen en vet inhoud is van die twee belangrikste faktore wat in ag geneem moet word. Mense moet nie net pryse vergelyk nie, maar ook die telling van hierdie twee faktore. Daarom poog ons om n verskeidenheid van hondekos aan te hou wat die spektrum van ekonomiese tot elite gehalte kos dek.


Met die opening van die winkel in Bethlehem, beoog ons om die mense van die omgewing met dieselfde spektrum van produkte en een-stop gerief te bedien.

Email us :  tphbhm@triprod.co.za  Contact us 058 303 1218 Find Us! See more! Business Awareness.... Click on the images... Find us Shop 7 Landdros Street

Loading...